Dagboek nou, Saterdag 14 April 2012.
Dit is ons jaarlikse produksieveiling te Wonderfontein, Sasolburg (By JJ Bricks). Ons bied 45 SP-bulle aan vir die stoetteler asook vir die kommersiële teler.
Soos gewoonlik is die 100 Stoetvroulike diere weer van uitstaande gehalte. Hierdie aanbod bestaan uit 30 koeie wat sal kalf vanaf April tot Junie, 30 koeie moontlik drie-in-een, 20 verse dragtig en 20 verse gereed om gedek te word in die winter.
Die kommersiële aanbod sal bestaan uit koeie drie-in-een, swaardragtige koeie, dragtige verse en ook verse wat nie dragtig is nie.
Marloo Groete